Die kursus bou verder op vaardighede wat in "Afrikaans II" bekendgestel is. Beginsels van die Afrikaanse grammatika illustreer aspekte van 'n analitiese taal, terwyl 'n taalkundige analise deelnemers aan diskursiewe aspekte van Afrikaanse tekste bekendstel. Deelnemers oefen mondelinge interaksies wat onderhoude in Afrikaans met verskillende gespreksgenote en samewerking met Afrikaanssprekendes vergemaklik. Daarbenewens bestudeer hulle hedendaagse en ouer klankopnames en geskrewe Afrikaanse bronne en literatuur.
Hierdie Afrikaanse kursus word aangebied in samewerking met die Graduate Network African Studies en die Lehr- und Forschungsstelle Namibiese en Suider-Afrikaanse studies. Om te registreer, kontak Giorgio Miescher giorgio.miescher@unibas.ch). Prioriteit word verleen aan lede van die Graduate Network African Studies. Voornemende deelnemers wat nie vir Afrika-studies geregistreer is nie, wortd versoek om Veit Arlt (veit.arlt@unibas.ch) te kontak oor moontlike deelname en kursusgeld.
Die totale pouse beloop 15 minute per sessie
<b>Should the progression of the pandemic allow it, classes will again be offered on site.</b>