In die vierde semester word deelnemers se vermoë om in alledaagse situasies aktief mondelings te kommunikeer verder ontwikkel. In mondelingse interaksie val besondere klem op uitspraak. Daarbenewens word deelnemers se woordeskat uitgebrei en hulle beheer oor grammatika versterk. Dit sluit onder andere die gebruik van modale werkwoorde, die passief en sintaksis in. Begrip van ‘n verskeidenheid van orale en geskrewe tekste word geoefen. Deelnemers sal ook aangemoedig word om hulle eie belangstellings wat met Afrikaans en suidelike Afrika te doen het te volg en 'n analitiese blik te ontwikkel op temas wat met Afrikaans verbonde is. Dit sluit ‘n kort voordrag in. Die langtermyn doelwit is om kontemporêre en historiese tekste in Afrikaans te verstaan en interpreteer, onderhoude in Afrikaans te voer, en saam met Afrikaanssprekendes te werk.
In order to register for the course, participants who did not attend "Afrikaans III", should contact Giorgio Miescher (Giorgio.Miescher@unibas.ch) in advance. Persons who did not take "Afrikaans III", may join "Afrikaans IV" if their level is good enough. Priority will be given to members of the Graduate Network African Studies.